Saturday, June 11, 2011

Partytjie Tyd!


Daar was 'n uitnodiging in die in mandjie,

 en ons gaan toe gestewel en gespoor daarheen



Oupagrootjie was 'n grootmeester
Wat lugkastele nagelaat het
En raai wie loer toe daar uit?
Die juniors moes vermaak word



en vir die seniors was daar 'n boekvoorlesing
prinsesse is gekroon
en strokiesverhaal karakters vereer
groot vure is geblus
en volkshelde vereer


Spys en drank het vryelik gevloei

en ons was opgetof vir die geleentheid

Die koste is bereken

want die mens kan mos van brood alleen nie leef nie..



Agterna het die personeel ook iets te ete gekry
en ons het gejuig: "Laaadumaaa!!"
en 'n middagluiheid wat insluip
Toe nes jy dink jy is oulik..


 kom sit hulle vir jou ore aan!


en vryf sout in die wonde...

om daarna groot hoogtes te gaan beproef

en soms dikmond weg te loop
Nuwe meganika is op die proef gestel
en ou vriende het mekaar bekoor

Nou was die dag net te lank


net die heel jongstes het nog energie oor gehad
die res moes rondgedra word
terwyl ons nuwe horisonne moes gaan verken

Lugvrag vir die wat haastig is
ons dien ook 'n Groter Doel
terwyl dinge om ons soo mooi is


Dis oestyd!

en ook groet tyd
en ons onthou om die oues van dae te vereer